See latest COVID-19 updates on government website www.sacoronavirus.co.za.
Email a Friend Share

 ref # 897

print

R 3 650 000 (183 417 EUR*)

select a 2nd currency

3
2
2
± 600 m2
R 650  / m
R 450  / m

3 Slaapkamer Dubbelverdieping Woning in Hartenbos

Die ideale adres in 'n sekuriteitsoord in Hartenbos wat spog met 'n asemrowende uitsig oor prentjie-mooi landelike heuwels en die see op die horison! Hierdie nuwe huis word binnekort opgerig en bestaan uit 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n dubbel motorhuis, kombuis en opwasarea, ruim leef- en onthaalarea met ingeboude braai. Die sekuriteitsoord bied onder andere ook 'n 24/7 bemande ingangspunt; elektries omheinde grens; vullisverwydering geskei in die oord se eie fasiliteite; paaie, sypaadjies, blombeddings en openbare oopspasies in stand gehou deur die oord se eie trekkers en toerusting.

Hartenbos is geleë tussen Mosselbaai en George en is seker een van die mees bekende vakansiebestemmings in die Kaap se Tuinroete. Die eindelose strand verskaf genot aan besoekers en ‘n handjievol gelukkige permanente inwoners wat graag daarlangs wandel, in die branders baljaar – of selfs vir kanoe- en visvang-entoesiaste. Ander aanloklikhede wat die natuur so mildelik in hierdie omgewing bied sluit in walvis-, dolfyn- en robbesigtigings gedurende die maande van Mei tot November. Die riviermond dien ook as broeiplek vir verskeie seevoëlspesies. Tydens die Desembervakansie word die kalmte wat met die buurt geassosieer word, tydelik vervang met ‘n polsende energie rondom ‘n vlooimark met verskeie stalletjies wat ‘n vrolike atmosfeer in die hoofstraat oppad na die ATKV strand-oord inlei. Die oord self bestaan uit ‘n winkelsentrum met restaurante, ‘n onderdak verhitte swembad en waterglybane.



Message Agent

Martin  Keyter , estate agent


+27 (0)82 802 5591
+27 (0)44 620 2339
 whatsapp agent

  martin@property-connect.co.za martin@property-connect.co.za
View all agent properties