Email a Friend Share

 ref # 1320

print

R 390 000 (22 413 EUR*)

select a 2nd currency

mortgage calculator

± 328 m2
R 600  / m
R 420  / m

Mooi rivieroewererf met boupakket beskikbaar in Hartenbos

328 m2 erf in Oewerstroom landgoed beskikbaar. Mooi uitsig oor die rivier en welige voëllewe. Naby bekende strande en winkelsentrums. Bou pakkete en verbande kan gereel word. Kontak ons nou vir besigtiging .

Hartenbos is geleë tussen Mosselbaai en George en is seker een van die mees bekende vakansiebestemmings in die Kaap se Tuinroete. Die eindelose strand verskaf genot aan besoekers en ‘n handjievol gelukkige permanente inwoners wat graag daarlangs wandel, in die branders baljaar – of selfs vir kanoe- en visvang-entoesiaste. Ander aanloklikhede wat die natuur so mildelik in hierdie omgewing bied sluit in walvis-, dolfyn- en robbesigtigings gedurende die maande van Mei tot November. Die riviermond dien ook as broeiplek vir verskeie seevoëlspesies. Tydens die Desembervakansie word die kalmte wat met die buurt geassosieer word, tydelik vervang met ‘n polsende energie rondom ‘n vlooimark met verskeie stalletjies wat ‘n vrolike atmosfeer in die hoofstraat oppad na die ATKV strand-oord inlei. Die oord self bestaan uit ‘n winkelsentrum met restaurante, ‘n onderdak verhitte swembad en waterglybane.



Message Agent

See latest COVID-19 updates on government website www.sacoronavirus.co.za.