See latest COVID-19 updates on government website www.sacoronavirus.co.za.

Lewenslange Inkomstegroei op Student-akkommodasie Ontwikkelings

Student-akkommodasie het ‘n winsgewende belegginsgeleentheid geword met nuwe ontwikkelings wat aantreklike leefstylopsies en sekuriteit bied.

Die Nasionale Departement van Hoër Onderwys skat in laat 2019 dat daar ‘n tekort van 250,000 beddens vir student-akkommodasie in Suid Afrika bestaan. Daarby beplan die regering ‘n verhoging in tersiëre inrigting-inskrywings van die huidige 700,000 tot 1,5 miljoen teen 2030!

Geleenthede dus vir ontwikkelaars en beleggers wat die regte produk teen die regte prys op die regte plek kan aanbied. Studente vereis ‘n eiesoortige blyplek, wat voldoen aan die toenemende gemeenskaplikheid van student-wees. Dis een ding om studente die basiese fasiliteite te bied, maar toenemend verwag die hedendaagse student (en hul ouers) ‘n veilige tuiste met alles waaraan hulle tuis gewoond is.

Beide die huur; asook koopmark bevat geleenthede, met bewese opbrengs op belegging met die koop van student-akkommodasie. Meer en meer koop ouers ‘n student-akkommodasie eenheid vir die gebruik van hulle eie kinders, net om dit daarna nie te verkoop nie, maar eerder te verhuur.

George, Mosselbaai asook Oudtshoorn in die Suid Kaap ervaar hernude groei in studente en met die beplande uitbreidings aan beskikbare tersiëre instellings, gaan die huidige tekort van ongeveer 3,000 beddens vir student-akkommodasie nie oornag verdwyn nie – ‘n gulde geleentheid vir ontwikkeling